Mark 14:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was sommige wat in hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarom is hierdie verkwisting van die salf gemaak?
Afrikaans (NLV) 2011
Sommige van dié wat saam aan tafel was, was verontwaardig daaroor. “Hoekom hierdie verkwisting van duur olie?” het hulle gesê.
Afrikaans 1933/1953
En daar was sommige wat by hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarvoor het hierdie verkwisting van die salf plaasgevind?
Afrikaans 1983
Party van die mense het onder mekaar hulle verontwaardiging uitgespreek: “Waarvoor is hierdie vermorsing van reukolie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sommige het verontwaardig onder mekaar gesê: “Waarom het hierdie verkwisting van die kosbare reukolie plaasgevind?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Party van die mense het kwaad geword daaroor en hulle het vir mekaar gesê: “Hoekom mors sy die olie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van die ander mense aan tafel was baie omgekrap. Hulle het eers so onderlangs gemompel en toe vir die vrou gesê: “Hou op, hoekom mors jy die parfuum so?