Mark 15:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die sesde uur aangebreek het, was daar duisternis oor die hele land tot die negende uur toe.
Afrikaans (NLV) 2011
Om twaalfuur het dit oor die hele land donker geword tot drie-uur daardie middag.
Afrikaans 1933/1953
En toe dit die sesde uur was, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe.
Afrikaans 1983
Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom en dit het tot drie-uur geduur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die sesde uur aanbreek, het dit oor die hele aarde donker geword tot die negende uur toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Omtrent twaalfuur die middag het dit donker geword in die hele land en dit was donker tot drie-uur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Teen twaalfuur die middag het dit donker geword in daardie gebied. Dit het donker gebly tot so drie-uur die middag.