Mark 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dadelik het hy opgestaan, die bed opgeneem en voor almal uit gegaan; sodat hulle almal verbaas was en God verheerlik het deur te sê: Ons het dit nog nooit so gesien nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Net daar het die man opgespring, sy mat geneem en voor almal se oë buitentoe gegaan. Hulle was almal verstom en het God geprys en uitgeroep: “So iets het ons nog nooit tevore gesien nie!”
Afrikaans 1933/1953
En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!
Afrikaans 1983
Hy het opgestaan, dadelik sy draagbaar gevat en voor die oë van almal uitgestap. Hieroor was hulle almal verbaas en het hulle God geprys en gesê: “So iets het ons nog nooit gesien nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het toe opgestaan, sy slaapmat dadelik opgetel en voor almal uit geloop, sodat almal verbaas was en God geprys en gesê het: “So iets het ons nog nooit gesien nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man het opgestaan en hy het dadelik sy slaapmat geneem en uitgegaan. Al die mense het dit gesien en hulle was baie verbaas. Hulle het God geprys en gesê: “So iets het ons nog nooit gesien nie!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar gebeur dit toe net so. Die man staan voor almal op en stap huis toe. Die mense was heeltemal uit die veld geslaan. “Ons het nog nooit in ons lewe sulke ongelooflike dinge gesien nie,” het hulle gesê, terwyl hulle vir mekaar vertel hoe groot en wonderlik God is.