Mark 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het weer uitgegaan langs die see; en die hele skare het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het toe weer na die strand toe gegaan. ’n Hele skare mense het na Hom toe gekom, en Hy was besig om hulle te onderrig.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het weer uitgegaan langs die see, en die hele skare het na Hom gekom, en Hy het hulle geleer.
Afrikaans 1983
Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het weer weggegaan na die see toe. Die hele skare het na Hom gekom, en Hy het hulle geleer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het weer na die see gegaan. Baie mense het aangehou om na Hom toe te kom, en Hy het vir hulle geleer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Jesus weer op ’n dag langs die see gaan stap, het ’n groot groep mense Hom daar gekry. Hy het toe vir hulle van God en sy nuwe wêreld begin vertel.