Mark 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hy verbygaan, sien hy Levi, die seun van Alfeus, sit by die tolhuis, en sê vir hom: Volg my. En hy het opgestaan en hom gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011
Terwyl Hy aanstap, sien Hy vir Levi, die seun van Alfeus, by die tolhokkie sit en Hy sê vir hom: “Kom, word my dissipel.” Hy het opgestaan en ’n dissipel van Jesus geword.
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy verbygaan, sien Hy Levi, die seun van Alf,s, by die tolhuis sit en sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
Afrikaans 1983
Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die verbygaan sien Hy Levi, die seun van Alfeus, by die tolhuis sit en sê vir hom: “Volg My!” En hy het opgestaan en Hom gevolg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Hy teruggaan en by die tolhek verbygaan, sien Hy vir Levi, die seun van Alfeus, daar sit. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My!” Levi het opgestaan en hy het saam met Jesus gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terwyl hulle nog so loop en praat, sien Hy vir Levi, Alfeus se seun, in die belastingkantoor sit. “Kom saam met My,” sê Jesus vir hom. Hy het opgestaan, sy goed gevat en agter Jesus aangestap.