Mark 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl Jesus in sy huis aan tafel gesit het, het baie tollenaars en sondaars ook saam met Jesus en sy dissipels gesit, want daar was baie, en hulle het Hom gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011
Levi het Jesus en sy dissipels genooi om saam met sy medetollenaars en ander berugte sondaars by hom te kom eet. (Daar was baie van hierdie mense wat agter Jesus aan gekom het.)
Afrikaans 1933/1953
En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg.
Afrikaans 1983
Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl Jesus in Levi se huis aangeleun het vir ete, het baie •tollenaars en sondaars saam met Hom en sy dissipels aangeleun, want daar was baie mense wat Hom gevolg het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels geëet, want baie van hulle het gewoonlik saam met Jesus gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Rukkie later het Levi ’n ete by sy huis gehou. Jesus was ook daar met die mense wat agter Hom aangeloop het. Daar was nogal baie van hulle. Die res van die gaste was mense met wie die godsdienstige Jode niks te doen wou hê nie omdat hulle glo te sondig was.