Mark 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die skrifgeleerdes en Fariseërs Hom sien eet saam met tollenaars en sondaars, sê hulle vir sy dissipels: Hoe eet en drink Hy saam met tollenaars en sondaars?
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sommige van die skrifkenners uit die geledere van die Fariseërs sien dat Hy saam met sulke berugte sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Hoe kan julle leermeester saam met sulke immorele karakters eet?”
Afrikaans 1933/1953
En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink?
Afrikaans 1983
Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die skrifkenners onder die •Fariseërs sien dat Hy saam met die sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gevra: “Waarom eet hy saam met die tollenaars en sondaars?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Party skrifgeleerdes was ook Fariseërs. Hulle het gesien Jesus eet saam met tollenaars en sondaars. Hulle vra toe vir Jesus se dissipels: “Hoekom eet Jesus saam met tollenaars en sondaars?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die streng godsdienstige Jode wat die wet in die fynste besonderhede bestudeer het, het die hele petalje dopgehou. Dink net: Jesus is vriende met die klomp slegte mense en eet selfs saam met hulle! Hulle vra toe vir Jesus se volgelinge: “Hoekom eet hy saam met die klomp sondaars asof hy hulle goeie vriend is?”