Mark 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle in daardie dae vas.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar daar kom ’n tyd wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dán sal hulle vas.
Afrikaans 1933/1953
Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.
Afrikaans 1983
Maar daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dan, op daardie dag, sal hulle vas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word. Dan sal hulle vas, op daardie dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom nie meer by hulle sal wees nie, en dan sal hulle vas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As die fees verby is en die bruidegom is weg, sal hulle miskien ophou eet. So is dit met My en my volgelinge.”