Mark 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur dat hy op die sabbatdag deur die koringlande gegaan het; en sy dissipels het onderweg begin om die are af te pluk.
Afrikaans (NLV) 2011
Een Sabbatdag, terwyl Jesus deur die koringlande geloop het, het sy dissipels so al lopende are afgepluk om te eet.
Afrikaans 1933/1953
En terwyl Hy op die sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk.
Afrikaans 1983
Eenkeer toe Jesus op 'n sabbatdag tussen gesaaides deur loop, het sy dissipels so in die loop are begin afpluk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl Hy op die Sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels in die verbygaan begin om are te pluk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus en sy dissipels het op 'n Sabbatdag deur 'n koringland geloop. Terwyl hulle loop, het sy dissipels begin om koring-are te pluk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Een sabbat het Jesus-hulle deur ’n koringland gestap. Sy dissipels het begin honger voel en pluk toe koringare af om aan te begin peusel.