Mark 2:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy nood gehad het en honger was, hy en die wat by hom was nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus se reaksie was: “Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy in die nood verkeer het en hy en sy mense honger was nie?
Afrikaans 1933/1953
En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie -- toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het --
Afrikaans 1983
Hy sê vir hulle: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne nie kos gehad het nie en honger gekry het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy vra toe vir hulle: “Het julle nooit gelees wat Dawid en dié saam met hom gedoen het toe hulle in nood was en honger geword het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het hulle geantwoord: “ Het julle gelees wat Dawid gedoen het toe hy probleme gehad het en toe hy en sy manne honger was?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus het rustig geantwoord: “Het julle nog nie in die Skrif gelees wat koning Dawid gedoen het toe hy en sy manne in die moeilikheid was en honger geword het nie?