Mark 2:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoe hy in die huis van God ingegaan het in die dae van Abjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat nie geoorloof is om te eet nie, maar vir die priesters, en ook aan die wat by hom was, gegee het?
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het tydens die hoofpriesterskap van Abjatar in die huis van God gegaan en wederregtelik van die offerbrood geëet wat vir die priesters bedoel was; en hy het ook daarvan vir sy mense gegee.”
Afrikaans 1933/1953
hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Abjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?
Afrikaans 1983
Hy het in die tyd van die hoëpriester Abjatar in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat niemand anders as die priesters mag geëet het nie, en ook vir sy manne daarvan gegee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoe hy in die tyd toe Abjater hoëpriester was, die huis van God binnegegaan en die •vertoonbrode geëet het – waarvan niemand behalwe die priesters mag eet nie – en ook vir dié wat saam met hom was, daarvan gegee het? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was in die tyd toe Abjatar die hoëpriester was. Dawid het in die tempel ingegaan en hy het die brood geëet wat op die tafel was. Niemand mag daardie brood eet nie, net die priesters mag dit eet. Dawid het ook van die brood gegee vir die mense wat saam met hom was.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit was in die tyd toe Abjatar in beheer van al die priesters was. Dawid is in die blyplek van God in en het die brood geëet wat spesiaal vir God eenkant gesit is. Net die priesters is mos toegelaat om dit te eet. Boonop het Dawid vir sy manne ook daarvan gegee.”