Mark 2:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens en nie die mens vir die sabbat nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sê Hy vir hulle: “Die Sabbat is daar ter wille van die mens — nie die mens ter wille van die Sabbat nie.
Afrikaans 1933/1953
En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.
Afrikaans 1983
Jesus het verder vir hulle gesê: “Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het ook vir hulle gesê: “Die Sabbat is gemaak vir die mens, en nie die mens vir die Sabbat nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het vir die Fariseërs gesê: “God het die Sabbatdag vir die mens gemaak. Hy het nie die mens vir die Sabbatdag gemaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus beklemtoon toe weer: “God het die sabbat vir mense gegee om te geniet soos God dit bedoel het. Mense moenie allerhande reëls maak om die sabbat ’n belangriker dag te probeer maak as wat dit is nie. Dit gaan in die eerste plek oor mense en nie oor die sabbat nie. Die Seun van die mens het volle seggenskap oor die sabbat.