Mark 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het na hom gekom en een verlamde gebring, wat uit vier gebore is.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar daag toe vier mans by Hom op wat ’n verlamde persoon op ’n mat dra.
Afrikaans 1933/1953
En daar kom mense na Hom met 'n verlamde man wat deur vier gedra word.
Afrikaans 1983
Daar kom toe mense wat 'n verlamde man na Hom toe bring. Vier van hulle het hom gedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe kom daar mense wat 'n verlamde, gedra deur vier van hulle, na Hom bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar kom toe mense wat 'n verlamde man na Hom toe bring. Vier mense het die man gedra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Juis toe kom daar vier mans aan wat ’n lam man dra.