Mark 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarom spreek hierdie man so godslastering? wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?
Afrikaans (NLV) 2011
“Wat? Dis tog laster! Net God kan sondes vergewe!”
Afrikaans 1933/1953
Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?
Afrikaans 1983
“Waarom sê hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Wie is hy dat hy so praat? Hy laster! Wie is in staat om sondes te vergewe behalwe net Een, en dit is God? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Hoekom praat hierdie man so? Hy maak of hy self God is! 'n Mens kan nie sondes vergewe nie, net God kan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Hoe op aarde kan hy so praat? Dit is darem te erg, want wie kan sê dat God al die verkeerde dinge vergewe, behalwe God self? Met dié praatjies wys hy dat hy g’n respek vir God het nie.”