Mark 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dadelik toe Jesus in sy gees bemerk dat hulle so by hulleself geredeneer het, sê Hy vir hulle: Waarom redeneer julle hierdie dinge in julle harte?
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het sonder meer geweet wat hulle dink en sê toe vir hulle: “Waarom dink julle dit is laster?
Afrikaans 1933/1953
En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?
Afrikaans 1983
Jesus het dadelik geweet dat hulle by hulleself so redeneer. Hy sê toe vir hulle: “Wat redeneer julle by julleself hieroor?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het onmiddellik in sy gees geweet dat hulle so by hulleself redeneer, en het vir hulle gesê: “Waarom het julle bedenkinge in julle harte hieroor?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het dadelik geweet dat hulle so dink. Daarom het Hy vir hulle gesê: “Hoekom wonder julle oor hierdie dinge?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle kon egter nie al hierdie lelike gedagtes vir Jesus wegsteek nie, want Hy het geweet wat hulle dink. Hy vra hulle toe: “Waarom is julle so skepties?