Mark 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Of dit makliker is om vir die verlamde te sê: Jou sondes is jou vergewe? of om te sê: Staan op, neem jou bed op en loop?
Afrikaans (NLV) 2011
Wat is makliker — om vir die verlamde te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op, tel jou bed op en loop’?
Afrikaans 1933/1953
Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?
Afrikaans 1983
Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sê: ‘Jou sondes word vergewe’, of om te sê: ‘Staan op, vat jou draagbaar en loop’?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat is makliker, om vir die verlamde te sê, ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê, ‘Staan op, tel jou slaapmat op en loop’?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Is dit die maklikste om vir die verlamde man te sê: ‘Ek vergewe jou sondes,’ of is dit die maklikste om te sê: ‘Staan op, tel jou slaapmat op en loop?’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat is die maklikste, om vir die lam man te sê: ‘God vergewe jou sondes’ of ‘Vat jou matras en loop’?