Mark 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Hy het baie genees; soveel dat hulle hom aangedring het om hom aan te raak, almal wat plae gehad het.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het daardie dag baie mense gesond gemaak met die gevolg dat almal met die een of ander kwaal Hom oorval het sodat hulle aan Hom kon raak.
Afrikaans 1933/1953
Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.
Afrikaans 1983
Hy het baie mense gesond gemaak, sodat almal wat die een of ander siekte gehad het, Hom oorval het om aan Hom te raak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het immers baie mense gesond gemaak, sodat almal wat aan kwale gely het, om Hom saamgedrom het om aan Hom te raak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het baie mense gesond gemaak, en almal wat siek was, wou by Jesus kom en aan Hom raak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus het baie mense gesond gemaak en daarom het almal wat siek was vorentoe gebeur om net aan Hom te kon raak.