Mark 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy klim op die berg en roep na hom wie hy wil, en hulle het na hom gekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierna het Jesus teen ’n berg opgegaan en dié na Hom toe geroep wat Hy by Hom wou hê. En hulle het na Hom toe gekom.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom.
Afrikaans 1983
Jesus het teen die berg opgegaan en dié wat Hy wou hê, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het toe teen die berg uitgeklim. Hy het hulle op wie sy keuse geval het, nader geroep, en hulle het na Hom gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het na die berg gegaan en Hy het die mense wat Hy daar wou hê, na Hom toe geroep. Hulle het na Hom toe gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Later het Jesus berge se kant toe gegaan. Hy het ’n paar van sy volgelinge gekies en hulle het nader gestaan.