Mark 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het hom dopgehou of hy hom op die sabbatdag sou genees; dat hulle hom kan aankla.
Afrikaans (NLV) 2011
Omdat dit op die Sabbat was, het Jesus se vyande Hom fyn dopgehou. Sou Hy die man se hand op die Sabbat gesond maak? Indien wel, sou hulle Hom kon aankla.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.
Afrikaans 1983
Die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy hom op die sabbatdag sou gesond maak, sodat hulle vir Jesus daaroor kon aankla.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het Hom dopgehou om te sien of Hy hom op die Sabbat sou gesond maak, sodat hulle Hom kon aankla.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense het Jesus dopgehou om te sien of Hy die man op die Sabbatdag gesond sal maak. Hulle wou Hom beskuldig dat Hy verkeerd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar was Fariseërs wat Jesus graag in die moeilikheid wou bring. Hulle het Hom fyn dopgehou om te sien of Hy die gebreklike man op die sabbat gesond sou maak. Jesus stel hulle toe nie teleur nie.