Mark 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe sy vriende dit hoor, het hulle uitgegaan om hom aan te gryp, want hulle het gesê: Hy is buite homself.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Jesus se familie daarvan hoor, wou hulle Hom wegvat, want hulle het gesê: “Hy is skoon van sy verstand af.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.
Afrikaans 1983
Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sy eie mense hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom met geweld weg te neem, want hulle het gesê dat Hy van sy sinne beroof was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Jesus se familie dit hoor, het hulle gegaan om Hom daar weg te vat, want party mense het gesê: “Hy is mal!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sy familie daarvan hoor, het hulle inderhaas na Jesus toe gekom om Hom te kom haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.”