Mark 3:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy het hulle na Hom geroep en in gelykenisse vir hulle gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het die mense nadergeroep en deur middel van gelykenisse op hierdie beskuldiging gereageer. “Hoe kan Satan homself uitdryf?” het Hy gevra.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?
Afrikaans 1983
Jesus het hulle nader geroep en hulle met voorbeelde geantwoord: “Hoe kan die Satan die Satan uitdrywe?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hulle toe nader geroep en deur gelykenisse vir hulle gesê: “Hoe kan Satan vir Satan uitdryf?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het die mense geroep om nader te kom en Hy het vir hulle gelykenisse vertel. Hy het gesê: “Hoe kan die Satan homself uitjaag? Hy kan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus roep hulle toe en verduidelik vir hulle met ’n voorbeeld hoe verkeerd hulle regtig is. “Hoe kan Satan homself uitdryf?