Mark 3:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie standhou nie, maar het 'n einde.
Afrikaans (NLV) 2011
Net so, as Satan teen homself in opstand kom en verdeeld raak, kan hy nie bly staan nie; dit sal klaar wees met hom.
Afrikaans 1933/1953
en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot 'n einde.
Afrikaans 1983
As die Satan teen homself in opstand kom en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar is dit sy einde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En as Satan teen homself in opstand kom en verdeeld is, kan hy nie staande bly nie, maar is dit sy einde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wat julle sê, beteken dat die Satan teen homself baklei, en dat hy nie met homself kan saamwerk nie. As dit so is, dan kan hy niks meer doen nie, en dan is dit sy einde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Met Satan is dit nie anders nie. As Satan nou teen homself oorlog verklaar en homself oral uitdryf, gaan daar niks van hom oorbly nie. Dan is dit verby met hom.