Mark 3:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Voorwaar Ek sê vir julle, alle sondes sal aan die mensekinders vergewe word, en lastering waarmee hulle ook al laster.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek verseker julle, elke sonde, ja, selfs elke lastering wat mense uitspreek, sal hulle vergewe word,
Afrikaans 1933/1953
Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;
Afrikaans 1983
“Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
•Amen, Ek sê vir julle: Alle sondes en lasteringe wat mense ook al uitgespreek het, sal hulle vergewe word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sê vir julle, en dit is seker: God sal mense vergewe wanneer hulle sonde doen en sleg praat van iemand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sowaar, Ek sê vir julle: daar is niks wat julle kan doen of sê wat so sleg is dat God dit nie kan vergewe nie, selfs al praat julle lelik van Hom.