Mark 3:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy wat teen die Heilige Gees laster, het nooit vergifnis nie, maar is in gevaar van die ewige verdoemenis.
Afrikaans (NLV) 2011
maar wie teen die Heilige Gees laster, sal tot in ewigheid nie vergifnis kry nie. So iemand sal vir altyd skuldig bly.”
Afrikaans 1933/1953
maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel --
Afrikaans 1983
Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar wie teen die Heilige Gees laster, kry tot in ewigheid geen vergewing nie, maar bly skuldig aan 'n ewige sonde. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar as iemand iets sleg sê teen die Heilige Gees, dan sal God dit nooit vergewe nie. So iemand sal altyd skuldig wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar daar is een ding wat God net mooi niks van hou nie: dit is as mense sê dat die dinge wat die Gees doen van die duiwel af kom. God sal dit vir altyd teen so ’n persoon hou.”