Mark 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sê vir hulle: Is dit geoorloof om goed te doen op die sabbat, of om kwaad te doen? om lewe te red, of om dood te maak? Maar hulle het stilgebly.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna sê Hy vir sy teenstanders: “Mag ’n mens goeddoen op die Sabbat of kwaad? Is hierdie dag bedoel om ’n lewe te red of te vernietig?” Maar hulle wou Hom nie antwoord nie.
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, 'n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.
Afrikaans 1983
Daarna vra Hy vir hulle: “Mag 'n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?” Hulle het egter niks gesê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Hy sê vir hulle: “Is dit toelaatbaar om op die Sabbat goed te doen, of sleg te doen, om 'n lewe te red, of om dood te maak?” Hulle het egter stilgebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het vir die mense gevra: “Mag 'n mens op die Sabbatdag goed doen of verkeerd doen? Mag 'n mens iemand se lewe red, of mag 'n mens hom doodmaak?” Maar die mense het stilgebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe draai Jesus na die moeilikheidmakers toe: “Wat dink julle mag ’n mens op die sabbat doen? Moet jy goeddoen, of kwaad? Moet jy iemand se lewe red, of hom doodmaak?” Hulle het niks gesê nie.