Mark 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Fariseërs het uitgegaan en dadelik met die Herodiane beraadslaag teen Hom, hoe hulle Hom sou vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011
Dadelik het die Fariseërs uitgegaan en saam met Herodes se ondersteuners gaan beplan hoe hulle Jesus gaan doodmaak.
Afrikaans 1933/1953
Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
Afrikaans 1983
Die Fariseërs het uitgegaan en dadelik met die Herodiane 'n komplot teen Jesus gesmee om Hom om die lewe te bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die •Fariseërs het toe uitgegaan en dadelik saam met die Herodiane planne teen Hom beraam, sodat hulle Hom om die lewe kon bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Fariseërs het uitgegaan en hulle het dadelik saam met die Herodiane planne gemaak om Jesus dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die godsdienstige Jode wat aan die party van die Fariseërs behoort het, is toe daar uit en het saam met die mense wat Herodes ondersteun het, begin planne maak om Jesus dood te maak.