Mark 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Jesus het Hom saam met sy dissipels na die see teruggetrek, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg en uit Judéa,
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het saam met sy dissipels na die see toe gegaan. ’n Groot skare het agter Hom aangekom — van Galilea, Judea,
Afrikaans 1933/1953
En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en 'n groot menigte het Hom gevolg uit Galil,a en Jud,a
Afrikaans 1983
Jesus het toe met sy dissipels teruggegaan na die see toe. 'n Menigte mense het van Galilea af agter Hom aan gegaan. Ook van Judea af,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus en sy dissipels het teruggegaan na die see en 'n klomp mense van die provinsie Galilea het saam met Hom gegaan. Daar het ook baie mense van die provinsie Judea gekom,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[7-8] Jesus is weer met sy volgelinge see toe. ’n Groot groep mense uit Galilea is saam met hulle. Maar die nuus oor alles wat Jesus gedoen het, het ver oor die grense van Galilea versprei. Uit alle rigtings soos Judea en Jerusalem, selfs van Idumea, Tirus en Sidon en van die oorkant van die Jordaan af het die mense gekom.