Mark 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy het met sy dissipels gesê dat 'n klein skippie op Hom moes wag vanweë die menigte, dat hulle Hom nie sou verdring nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het aan sy dissipels opdrag gegee om ’n bootjie vir Hom gereed te hou om te voorkom dat die skare Hom vertrap.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.
Afrikaans 1983
Weens die gedrang het Hy vir sy dissipels gesê om vir Hom 'n skuitjie reg te hou sodat die mense Hom nie vertrap nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het toe vir sy dissipels opdrag gegee om vir Hom 'n skuit gereed te hou om te voorkom dat die skare Hom vertrap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het vir sy dissipels gesê hulle moet vir Hom 'n bootjie kry. Daar was so baie mense dat Jesus bang was hulle druk teen Hom en maak Hom seer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus vra toe sy dissipels om ’n klein bootjie reg te hou sodat Hy daarin kon klim as die mense te veel om Hom saamdrom.