Mark 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het weer begin om by die see te leer, en 'n groot menigte het by Hom vergader, sodat hy in 'n skuit geklim en in die see gaan sit het; en die hele menigte was by die see op die land.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het toe weer die mense op die strand begin onderrig. Daar drom toe so ’n reuse skare om Hom saam dat Hy in ’n skuit wat op die water vasgemeer was, gaan sit het terwyl die hele menigte op die strand was.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het nog 'n maal by die see begin leer; en 'n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.
Afrikaans 1983
Jesus het weer die mense langs die see begin leer. 'n Baie groot menigte het by Hom saamgedrom, sodat Hy op die see in 'n skuit gaan sit het. Die hele menigte was langs die see op die strand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het weer begin om hulle langs die see te onderrig. Daar het toe so 'n groot skare om Hom saamgedrom dat Hy op die see in 'n boot gaan sit het, en die hele skare was op die strand langs die see.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het weer vir die mense langs die see begin leer. Daar het 'n groot klomp mense na Hom toe gekom en hulle het by Hom kom staan. Daarom het Jesus in 'n boot geklim wat in die water gelê het, en Hy het gaan sit. Al die mense het op die strand langs die water gestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus het mense weer langs die see van God begin vertel. Die mense het so om Hom saamgedrom dat Hy in ’n skuit moes klim wat effens van die strand af weggestoot is. Die mense het al langs die strand gesit.