Mark 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom die gelykenis gevra.
Afrikaans (NLV) 2011
Later, toe Jesus alleen was saam met die twaalf dissipels en sy ander mense, het hulle Hom uitgevra: “Wat beteken hierdie gelykenisse?”
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.
Afrikaans 1983
Toe hulle alleen was, het die mense wat saam met die twaalf by Hom was, Hom oor die gelykenisse uitgevra,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Hy alleen was, het die omstanders saam met die twaalf Hom uitgevra oor die gelykenisse.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Later was Jesus alleen. Die twaalf dissipels en die ander mense by Hom het vir Hom gevra wat die gelykenisse beteken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Later, toe die groot klomp mense weg was, het Jesus se twaalf getrouste volgelinge en die paar ander mense wat nog oor was, Hom uitgevra oor die verhale wat Hy vertel om hulle te leer.