Mark 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat hulle kan sien en nie sien nie; en as hulle hoor, kan hulle hoor en nie verstaan nie; dat hulle nie te eniger tyd tot bekering sou kom en hulle sondes hulle vergewe sou word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
‘Sodat hulle sien wat Ek doen, maar nie die bedoeling daarvan verstaan nie; sodat hulle my woorde hoor, en dit tog nie begryp nie; sodat hulle nie van hulle sondes wegdraai en vergewe word nie.’”
Afrikaans 1933/1953
sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.
Afrikaans 1983
sodat “hulle kyk en kyk en tog nie sien nie, en hoor en hoor en tog nie verstaan nie, dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie. ”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘sodat hulle sal sien, en tog nie sien nie, en hoor, en tog nie verstaan nie, en hulle nie terugdraai en vergewe word nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek vertel vir hulle die gelykenisse “ want Ek wil hê hulle moet kyk en kyk maar niks sien nie, en hulle moet hoor en hoor maar niks verstaan nie. As die ander mense dit verstaan het, dan sou hulle begin lewe het soos God wil hê, en dan sou God hulle sonde vergewe het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
***