Mark 4:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hulle: Word 'n kers gebring om onder 'n maatemmer of onder 'n bed te sit? en nie op 'n kandelaar gesit te word nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het vir hulle gesê: “’n Lamp is tog sekerlik nie bedoel om onder ’n emmer of onder ’n bed gesit te word nie. Dis mos bedoel om op ’n lampstaander gesit te word waar dit sy lig kan versprei.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?
Afrikaans 1983
Hy het vir hulle gesê: “'n Lamp kom mos nie onder 'n emmer of onder 'n bed nie? Is dit nie bedoel om op 'n staander gesit te word nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Hy het vir hulle gesê: “'n Lamp word tog nie gebring om onder 'n maatemmer of 'n bed gesit te word nie? Is dit nie bedoel om op 'n lampstaander geplaas te word nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het ook vir hulle gesê: “Niemand sit 'n lamp onder 'n emmer of onder 'n bed nie. Nee! 'n Mens sit 'n lamp op die lampstaander.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus gesels toe verder: “Sal jy ’n lamp in die donker aanskakel en dit dan met ’n emmer of so iets toemaak of dit onder die bed inskuif? Sit ’n mens nie eintlik ’n lamp op die tafel om mooi lig te maak nie?