Mark 4:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want wie het, aan hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal geneem word ook wat hy het.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie hulle oopstel vir my onderrig — vir hulle sal nog meer gegee word. Maar wie dit nie doen nie — van hulle sal selfs die bietjie wat hulle het, ook nog weggeneem word.”
Afrikaans 1933/1953
Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
Afrikaans 1983
Wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word; en wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want wie het, aan hom sal gegee word. En wie nie het nie, van hom sal ook dit wat hy het, weggeneem word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As iemand klaar die boodskap 'n klein bietjie verstaan, dan sal God hom help om nog beter te verstaan. Maar as iemand dit nie verstaan nie, dan sal God hom nie help nie, hy sal niks verstaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat dit betref, sal die een wat baie het meer kry, maar die een wat niks het nie, sal verloor wat hy ook al het.”