Mark 4:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en sou slaap en nag en dag opstaan, en die saad sou opspring en opgroei, hy weet nie hoe nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan gaan hy voort met sy ander daaglikse aktiwiteite. Intussen ontkiem en groei die saad — hoe, weet hy self nie mooi nie.
Afrikaans 1933/1953
en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot -- hoe, weet hy self nie.
Afrikaans 1983
en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei — hóé weet hy self nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en nag ná nag gaan slaap, en dag ná dag opstaan, en die saad ontkiem en groei – hoe, weet hy self nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en dan in die aand gaan slaap en in die oggend opstaan. Die saad begin groei en die plante word groter. Die man weet nie hoe dit gebeur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die saad kom op en groei vanself, terwyl die boer maar sy gewone gang gaan. Die boer self kan dit nie presies verklaar nie. Al wat hy weet, is dat dit gebeur.