Mark 4:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Waarmee sal ons die koninkryk van God vergelyk? of met watter vergelyking sal ons dit vergelyk?
Afrikaans (NLV) 2011
“Waarmee kan Ek die koningsheerskappy van God vergelyk?” het Jesus gevra. “En met watter gelykenis sal ons dit toelig?
Afrikaans 1933/1953
En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?
Afrikaans 1983
Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Hy het gesê: “Hoe sou mens die •koninkryk van God uitbeeld, of deur watter gelykenis sou mens dit voorstel?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het gesê: “Hoe kan Ek vir julle verduidelik hoe dit is wanneer God Koning is? Watter gelykenis kan Ek gebruik?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Waarmee kan Ek God se nuwe wêreld nog vergelyk of met watter voorbeelde kan Ek dit nog verder vir julle verduidelik?” het Jesus gevra.