Mark 4:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar het 'n groot stormwind opgekom, en die golwe het in die skip geslaan, sodat dit nou vol was.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar het ’n hewige stormwind opgekom. Groot golwe het teen die skuit gebreek, met die gevolg dat dit alreeds vol water begin word het.
Afrikaans 1933/1953
En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.
Afrikaans 1983
Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Hewige stormwind het opgekom, en die golwe het in die boot geslaan, sodat die boot reeds vol water begin word het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Sterk stormwind het begin waai en die branders het so hoog teen die boot begin slaan dat die boot vol water begin word het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar bars toe ’n woeste storm los. Die golwe het tot binne-in die skuit geslaan en die skuit het vol water begin word.