Mark 4:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Vrede, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het opgestaan, die stormwind ernstig aangespreek en vir die see gesê: “Bedaar! Word kalm!” Toe het die wind gaan lê en daar het ’n groot rustigheid gekom.
Afrikaans 1933/1953
En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.
Afrikaans 1983
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Wees stil, bedaar!” Die wind het gaan lê, en daar het 'n groot kalmte gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het opgestaan en Hy het kwaai met die wind gepraat. Hy het vir die see gesê: “Bly stil! Word kalm!” Die wind het opgehou waai en die see het stil en kalm geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus staan toe op en praat streng met die wind en die golwe: “Stil! Word rustig.” Dadelik het die wind gaan lê en alles was heeltemal kalm.