Mark 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sommige het tussen die dorings geval, en die dorings het opgegroei en dit verstik, en dit het geen vrug opgelewer nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Nog ’n deel het tussen die dorings geval. Toe die dorings opkom, het dit die koring verstik en dit het geen oes voortgebring nie.
Afrikaans 1933/1953
En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.
Afrikaans 1983
'n Ander deel het tussen die onkruid geval. Die onkruid het opgekom en dit laat verstik, en dit het nie saad geskiet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Ander deel het tussen die dorings geval. Die dorings het opgekom en dit verstik, en dit het nie vrug voortgebring nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het gegroei en grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei. Die man het daar niks koring afgesny nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van die saad het ook tussen die lae doringbosse beland. Soos die bosse groter geword het, het dit die plantjies heeltemal doodgedruk voordat dit enige saad kon maak.