Mark 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons na die varke, dat ons in hulle kan ingaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Die onrein geeste smeek Hom toe: “Stuur ons in die varke in. Laat ons in hulle invaar.”
Afrikaans 1933/1953
en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.
Afrikaans 1983
Die onrein geeste het Hom toe gesmeek: “Stuur ons na die varke toe, sodat ons in hulle kan invaar!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het Hom gesmeek en gesê: “Stuur ons na die varke, dat ons in hulle kan invaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die onrein geeste het vir Jesus gesoebat en gesê: “Stuur ons asseblief na die varke toe sodat ons in hulle kan ingaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die demone smeek Jesus toe: “Asseblief, ons vra mooi, as U ons uit die man jaag, laat ons tog toe om in daardie trop varke te gaan bly.”