Mark 8:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het opgekyk en gesê: Ek sien mense soos bome wat loop.
Afrikaans (NLV) 2011
Die man kyk toe op en sê: “Ja, ek sien mense, maar hulle is baie dof. Hulle lyk soos bome wat rondloop.”
Afrikaans 1933/1953
En hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want ek sien hulle soos bome rondloop.
Afrikaans 1983
Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die man het opgekyk en gesê: “Ek sien die mense. Ek sien hulle rondloop soos bome.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die blinde man het begin sien en hy het vir Jesus gesê: “Ek dink ek sien mense, want ek sien iets soos bome wat loop.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man kyk toe op en sê: “Ja, ek sien mense, maar net baie vaagweg. Hulle lyk amper soos bome wat rondloop.”