Mark 8:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het hom na sy huis weggestuur en gesê: Gaan nie in die stad in nie en vertel dit nie aan iemand in die stad nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het hom toe beveel: “Gaan reguit huis toe. Moenie indraai dorp toe nie.”
Afrikaans 1933/1953
En Hy het hom na sy huis gestuur en gesê: Moenie in die dorp gaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.
Afrikaans 1983
Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie in die dorp ingaan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het vir die man gesê: “Gaan reguit huis toe. Moenie eers ingaan in die stad nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus sê toe vir die man: “Gaan nou reguit huis toe en moenie eers in die dorp ’n draai gaan maak nie.”