Mark 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan kan iemand hierdie manne hier in die woestyn met brood versadig?
Afrikaans (NLV) 2011
Sy dissipels antwoord Hom toe: “Hoe op aarde sal ons in hierdie verlate wêreld kos kry vir al hierdie mense?”
Afrikaans 1933/1953
En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal 'n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?
Afrikaans 1983
Maar die dissipels sê vir Hom: “Waar sal 'n mens in hierdie verlatenheid genoeg brood vir hulle kan kry?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy dissipels het Hom egter geantwoord: “Waar in hierdie verlate plek sal mens brood kan kry om hulle te versadig?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus se dissipels het vir Hom gevra: “Waar sal ons genoeg brood kry vir al die mense? Ons is ver van 'n stad, hier woon niemand nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy volgelinge sê toe: “Waar op aarde gaan ons hier in die grammadoelas kos kry vir so baie mense?”