Mark 9:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Johannes antwoord hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf, en hy volg ons nie; en ons het hom verbied, omdat hy ons nie volg nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Johannes sê toe vir Hom: “Leermeester, ons het iemand gesien wat u Naam gebruik om bose geeste uit te dryf, maar ons het hom probeer keer, want hy is nie een van ons groep nie.”
Afrikaans 1933/1953
Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
Afrikaans 1983
Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Johannes het vir Hom gesê: “Meester, ons het iemand in u Naam demone sien uitdryf, en ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het vir Jesus gesê: “Meneer, ons het iemand gesien wat u Naam gebruik om duiwels uit mense te jaag. Ons het hom probeer keer omdat hy U nie saam met ons volg nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Johannes sê toe: “Here, ons het ’n vreemde persoon gesien wat sommer demone verjaag. Hy is nie een van ons nie, maar hy het u Naam gebruik om dit te doen. Ons het vir hom gesê om op te hou.”