Matthew 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al die geslagte van Abraham tot Dawid is dus veertien geslagte; en van Dawid af tot by die wegvoer na Babel is veertien geslagte; en van die wegvoer na Babilon na Christus is veertien geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar was dus altesaam veertien geslagte van Abraham tot by Dawid; veertien van Dawid tot by die Babiloniese ballingskap; en veertien van die Babiloniese ballingskap tot by Jesus die Messias.
Afrikaans 1933/1953
Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.
Afrikaans 1983
Altesaam was daar dus veertien geslagte van Abraham af tot by Dawid, veertien van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap en veertien van die Babiloniese ballingskap af tot by Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al die geslagte dan van Abraham tot by Dawid was veertien geslagte, en van Dawid tot by die wegvoering na Babilon veertien geslagte, en van die wegvoering na Babilon tot by die Christus veertien geslagte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Van Abraham tot by Dawid was daar 14 geslagte. Van Dawid tot by die tyd toe die mense van Juda slawe was in Babilonië, was daar ook 14 geslagte. Van die tyd toe hulle slawe was in Babilonië tot by die Christus was daar ook 14 geslagte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In Jesus se geslagsregister is daar veertien geslagte van Abraham tot by Dawid. Daarna, van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap, is daar nog veertien geslagte. Na hierdie groot krisis in Israel se geskiedenis is daar nog veertien geslagte tot by Christus se geboorte.