Matthew 1:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy het haar nie geken voordat sy haar eersgebore seun gebaar het nie, en hy het hom JESUS genoem.
Afrikaans (NLV) 2011
maar hy het nie intiem met haar verkeer totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem.
Afrikaans 1933/1953
en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.
Afrikaans 1983
Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het nie met haar gemeenskap gehad totdat sy aan 'n seun geboorte gegee het nie. En hy het Hom Jesus genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het nie by haar geslaap nie, hy het gewag tot nadat die seun gebore is. Josef het die seun Jesus genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het egter nie by haar geslaap totdat haar Seun gebore is nie. Toe die Kindjie gebore is, het Josef Hom Jesus genoem.