Matthew 12:48 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy antwoord en sê vir hom wat hom dit vertel het: Wie is my moeder? en wie is my broers?
Afrikaans (NLV) 2011
Hy antwoord die een wat met Hom praat: “Weet julle wie is my ma en wie is my broers?”
Afrikaans 1933/1953
Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers?
Afrikaans 1983
Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: “Wie is my moeder, en wie is my broers?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Hy het die een wat dit vir Hom gesê het, geantwoord: “Wie is my moeder en wie is my broers?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Jesus het vir hom gevra: “Wie is my ma en wie is my broers?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus se antwoord was: “Kan julle vir My sê wie my regte familie is? Wie is regtig my ma en wie is regtig my broers?”