Matthew 13:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U met hulle deur gelykenisse?
Afrikaans (NLV) 2011
Sy dissipels kom toe na Hom toe en sê: “Waarom gebruik U altyd sulke diepsinnige gelykenisse as U met die mense praat?”
Afrikaans 1933/1953
En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?
Afrikaans 1983
Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die dissipels het toe nader gekom en vir Hom gevra: “Hoekom praat U deur gelykenisse met hulle?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die dissipels het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Hoekom vertel U gelykenisse wanneer U met die mense praat?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Voor Jesus verder kon praat, vra sy getrouste volgelinge Hom: “U vertel altyd verhale wanneer U preek. Hoekom?”