Matthew 15:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe kom sy en aanbid Hom en sê: Here, help my!
Afrikaans (NLV) 2011
Sy kom val toe voor Hom neer en sê: “Here, help my tog, asseblief!”
Afrikaans 1933/1953
Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my!
Afrikaans 1983
Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het egter nader gekom, voor Hom neergeval en gesê: “Here, help my!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die vrou het na Jesus toe gekom en sy het voor Hom gekniel en gesê: “Here, help my asseblief!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie woorde het haar nog nie afgesit nie. Sy het voor Jesus kom neerval en by Hom gepleit: “Here, help my, asseblief!”