Matthew 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle sê: Sommige sê dat jy Johannes die Doper is; en ander, Jeremias, of een van die profete.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wel,” antwoord hulle, “party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.”
Afrikaans 1933/1953
En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige El¡a, en ander Jeremia of een van die profete.
Afrikaans 1983
Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het geantwoord: “Sommige sê Johannes die Doper, ander Elia, en ander weer Jeremia, of een van die profete.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die dissipels sê toe: “Party mense sê U is Johannes die Doper, party sê U is Elia, en party sê U is Jeremia of een van die profete.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle antwoord: “Party sê U is Johannes die Doper wat weer lewendig geword het. Ander sê weer Elia. Nog ander sê U is Jeremia of een van die profete.”