Matthew 16:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Jesus vir hulle: Pas op en pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus sê toe vir hulle: “Wees baie versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.
Afrikaans 1983
Jesus het vir hulle gesê: “Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het vir hulle gesê: “Pasop, en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die •Fariseërs en •Sadduseërs.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas, julle moet versigtig wees vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van die Sadduseërs.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet baie versigtig wees vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”